"Jy sou tereg kan vra of die Suid-Afrikaanse boekebedryf nie oorversadig 
is aan oorlogboeke nie. Ja, maar wanneer hulle van dié kaliber is, nee. 
Die prismatiese aard van Back to Angola stel ’n nuwe standaard. Dis 
reisverhaal én oorlogvertelling. Net so vlot wissel dit tussen op die 
fiets en in die Ratel. Die militêre aspek lê grensloos langs 
introspeksie en nabetragting. In ’n mate verklaar dit ook iets van die 
padwoede, huisgeweld, onverdraagsaamheid, dwelm- en drankmisbruik 
waarvan ons elke dag hoor – of voel"
Read the full review here:   http://www.rapport.co.za/Weekliks/Nuus/Boeke-Vrede-met-die-verlede-20140315